Toegeneentheid

Toegeneentheid, aangetrokkenheid, verliefdheid of geneentheid is 'n "gesindheid of geestesgesteldheid"[1] wat dikwels met 'n soort liefde of gevoel van liefde geassosieer word. Dit het tot die ontstaan van verskeie filosofie- en sielkundedeterreine rakende emosie, siekte, invloed en geestesgesteldheid gelei.[2] "Toegeneentheid" word algemeen gebruik om 'n soort liefde of gevoel van liefde aan te dui wat meer as bloot goedgesindheid of vriendskap behels. Skrywers oor etiek gebruik die woord oor die algemeen om na spesifieke gevoelstoestande te verwys, blywend sowel as spasmodies. Sommiges kontrasteer dit met passie in die sin dat dit los van die onderskeidend sensuele element bestaan.[3]

Selfs 'n baie eenvoudige demonstrasie van toegeneentheid kan 'n wye verskeidenheid emosionele reaksies uitlok, van verleentheid tot weersin tot genot tot ergerlikheid. Dit het ook verskillende fisieke uitwerkings op die gewer en die ontvanger.[4]

  1. affection – Definitions from Dictionary.com
  2. 17th and 18th Century Theories of Emotions > Francis Hutcheson on the Emotions (Stanford Encyclopedia of Philosophy)
  3. Hierdie artikel maak gebruik van feite en teks uit die Encyclopædia Britannica van 1911. Die bron is in die publieke domein.
  4. https://researchmatters.asu.edu/stories/effects-affection-960.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search